China: 'n Christelike oorlewende

Shi Minglei onthou die vrees toe twintig veiligheidsbeamptes haar man in hegtenis geneem het, 'n swart kappie oor haar kop gesit en haar dertig uur lank ondervra het. Haar dogter Aliyah kon ná die voorval nie praat nie. By ontelbare geleenthede het sy pyn, vrees eensaamheid en hopeloosheid gevoel as vrou van 'n gevangene menseregte-aktivis. Sy het geen antwoorde op haar versoeke om inligting ontvang nie; die owerhede het sy prokureur afgedank en kommunistiese partyprokureurs aangewys om hom te oortuig om skuldig te pleit. Sy was desperaat en sy het gebid soos Jesus in Getsemane gebid het: 'Vader, neem hierdie beker van my af, maar nie my wil nie, laat u wil geskied.' Toe praat Jesus met haar hart: 'Ek weet. Ek weet alles van jou af.' Later het ChinaAid-personeel haar gekry en haar gehelp om saam met haar dogter uit China te ontsnap. Nadat sy 'n lewe van vrees en hopeloosheid geleef het, het sy nou veilig gevoel, so sy het haar naam na Hope verander.