Print this page

Nigerië: 'al wat ons oor het, is God en hoop'

Fulani-veewagters het 'n erediens by 'n evangeliese kerk in die Kachia-distrik aangeval, een doodgemaak en baie ander gewond. Toe het hulle tientalle huise in twee dorpe vernietig, meer Christene gewond en dertig doodgemaak. "Ons harte is gevul met pyn, vrese, bitterheid en teleurstellings," het 'n oorlewende gesê. 'Die trauma, die makabere reeks moorde, die daaglikse ontvoerings, aanvalle op boere en vernietiging van oeste, die verbranding van huise, kerke en mense lewendig, die massabegrafnisse. Al wat ons oor het, is God en hoop.' 'n Paar dae tevore het 'n oproerige skare ds Yohanna Shuaibu doodgekap en sy huis, kerk en skool afgebrand oor die moord op 'n vrou deur 'n man wat hulle glo tot die Christendom bekeer het. Pastoor Shuaibu het 'n skool gebou vir inheemse Christenkinders wat 'n opleiding geweier het weens hul geloof. Mag God al die bedroefdes vertroos, die liggaamlik en emosioneel beseerdes genees, en vir al die haweloses voorsien.