China vra vir eenwording met Taiwan

Slegs dae nadat 150 Chinese militêre stralers oefeninge naby Taiwan uitgevoer het, wat spanning tussen die twee kante verhoog het, het president Xi Jinping gepraat by 'n geleentheid ter herdenking van 110 jaar sedert die rewolusie wat China se laaste imperiale dinastie omvergewerp het. Hy het gesê: 'Landsgenote aan beide kante van die Straat van Taiwan moet aan die regterkant van die geskiedenis staan en hande vat om China se volledige eenwording te bewerkstellig. Die historiese missie om die volkome eenwording van ons land te bewerkstellig moet, en kan, verwesenlik word.' Taiwan se minister van verdediging het egter gesê dat militêre spanning met Beijing op hul ergste punt in meer as vier dekades was. China beweer dat Taiwan deel is van sy soewereine grondgebied, op dieselfde manier as Hong Kong, en dreig om beheer met geweld oor te neem. Taiwan het sy eie verkose regering en grondwet, en hou vol dat dit sy demokrasie en onafhanklikheid sal verdedig.