Print this page

Eritrea: vrylating van gevangenes gevolg deur arrestasies

'n Vlaag van vrylating van Christen-gevangenes was nie 'n verandering in beleid, soos gehoop is nie. Dit is gevolg deur die arrestasie van agt Volle Evangelie Kerk-leiers, en 35 Christene is aangehou ná klopjagte op twee gebedsbyeenkomste. Drie van die Volle Evangelie leiers is pastore in hul sewentigs. Die polisie het pastoor Araya (75) en pastoor Okbamichael (74) in die middel van die nag uit hul huise geneem en hulle in 'n maksimum-sekuriteit-ondervragingsentrum geplaas. Pastoor Gebreab (72) was siek en onder huisarres geplaas totdat hy genoeg herstel om opgesluit te word. Geen rede is vir hul arrestasie gegee nie. Ook na die ontdekking van 'n lys van Christelike kontakte, is vyftien mans en vroue van verskillende kerke in Asmara weer in hegtenis geneem. Nadat hulle tussen vyf en 16 jaar weens hul geloof in die tronk was, is hulle verlede somer vrygelaat.