Nigeriese Christene het die afgelope paar jaar verskriklike geweld teen hul gemeenskappe ervaar. Baie is vermoor, duisende het uit huise en grond gevlug, en baie leef met die trauma om te sien hoe geliefdes vermoor of gewond word. Hulle behoeftes word nou bevredig deur trauma-genesende werkswinkels wat hulle help om uiting te gee aan hul pyn, dit in die oë te kyk, en om dit na Christus te bring sodat gevoelens nie diep binne begrawe word nie. Die werkswinkel poog om slagoffers tot 'n punt te bring waar hulle, deur die genade van God, in staat is om diegene te vergewe wat hulle seergemaak het. Hulle het dan 'n fondament waarop hulle hul lewens kan herbou. Elke werkswinkel help veertig mense oor 'n tydperk van vyf dae. Hulle rus kerkleiers toe met Bybelse beginsels om te reageer op lyding – hul eie en die lyding van ander. Daar is ook 'n aparte jeugweergawe van die werkswinkel, vir jongmense wat deur geweld getraumatiseer is.