Print this page

VSA: Nasleep van Ida – 68 nou dood

Een week nadat orkaan Ida aan wal gekom het, is meer as 'n halfmiljoen mense steeds sonder krag. Sommige van die gebiede wat die swaarste getref is, kan tot 29 September sonder krag wees. Burgemeester David Camardelle het gesê: 'Dit lyk of 'n bom afgegaan het. Ons het nie water nie, ons het nie elektrisiteit nie, ons het nie kos nie.' Inwoners het in lang toue gewag vir water, ys, kos en brandstof, en die situasie is vererger deur uiterste hitte sonder lugversorging. Op 9 September het voorspellers die kategorie 3-orkaan Larry en die tropiese storm Mindy dopgehou wat op pad is na Bermuda en Kanada wat 'beduidende deinings' langs Amerika se ooskus veroorsaak. Louisiana se goewerneur het gesê: 'Ons weet daar is baie mense daar buite wat seerkry. Ons gaan aanhou om elke dag hard te werk om bykomende verligting te bring en vordering te maak.' Maar Louisiana-senator Bill Cassidy het gesê inwoners het nou meer hulp nodig.