Mianmarse staatsgreepleier verklaar homself as eerste minister

Generaal Min Aung Hlaing, wat Mianmar se staatsgreep gelei het, het homself tot eerste minister verklaar en gesê militêre heerskappy en 'n noodtoestand sal tot 2023 voortduur; dan sal die land verkiesings hou. Dit weerspreek sy vroeëre bewerings dat politieke vryhede binnekort herstel sal word. Mense het in Mandalay betoog en die polisie het hulle sonder waarskuwing geskiet. Sedert Februarie het veiligheidsmagte 1 000 mense doodgemaak en 5 000 gearresteer. Covid-19 is hoogty. Begraafplase is vol en die regering help nie deur suurstofversendings te blokkeer nie. Op 8 Augustus het nuwe betogings teen militêre bewind uitgebreek, om saam te val met die herdenking van 1988 pro-demokrasie betogings. Burgerlikes, insluitend gesondheidsorgwerkers, het opgehou werk om te protesteer teen die weermag se omverwerping van 'n verkose regering. Christene het kos en water uitgegee aan behoeftiges – weduwees wat nie kan uitkom vir enige soort kos nie. Hulle noem dat hulle dit doen omdat hulle volgelinge van Christus is. Ongelukkig word dit geïnterpreteer as opstand.