Die VN het berig die aantal Afgaanse burgerlikes wat dood of beseer is, het skerp toegeneem sedert die Westerse koalisie uit die land begin trek het. Altesaam 1 659 burgerlikes is in die eerste helfte van 2021 dood en 3 254 beseer, 'n toename van 47% vanaf dieselfde tydperk in 2020. Die werklike getalle kan selfs hoër wees as in ag geneem word dat die VN slegs ongevalle aanteken wat dit onafhanklik kan verifieer. Van diegene wat vermoor of vermink is, was 46% vroue en kinders. Die Taliban en ander militante was verantwoordelik vir 64% van burgerlike ongevalle, terwyl 25% toegeskryf is aan pro-regeringsmagte en 11% aan 'kruisvuur' tussen strydende partye. 'n Onrusbarende neiging van groeiende dodetal sedert Mei toon die hoogste getal sedert die VN begin rekords hou in 2009. As hierdie geweld nie gestuit word nie, sal 'n ongekende aantal burgerlikes omkom of vanjaar vermink word.