Suid-Afrika: die geestelike stryd

Baie glo dat wat ons in Suid-Afrika sien die fisiese manifestasie is van wat in die geestelike realm gebeur. 'n Geestelike stryd woed regoor Suid-Afrika, en dit word gemanifesteer deur onluste, brandstigting, bendegeweld, taxigeweld, plaasmoorde, ens. Wanneer ons met onlangse tonele gekonfronteer word, moet ons ons harte en gedagtes daarteen waak om bloot vanuit 'n fisiese perspektief daarna te kyk . Mnr. Zuma se tronkstraf verteenwoordig die vordering wat gemaak is in die stryd teen korrupsie binne die land. Te midde van die vele uitdagings wat SA in die gesig staar, is dit maklik om die goeie en positiewe dinge wat aan die gebeur is, uit die oog te verloor. In 3½ jaar het SA bewyse van korrupsie en spesifiek 'staatskaping' aan die lig gesien. Dit sou nooit gebeur het as dit nie was vir 'n magtige beweging deur God se Gees, in samehang met baie gebede nie. Die duiwel sal nie gelukkig wees daaroor nie en verhit die stryd om 'die gety te keer'.