Print this page

Sentraal-Afrikaanse Republiek: gebed

Terwyl die vredesooreenkoms van 2019 wat in die SAR onderteken is, 'n stap vorentoe was, is dit nog nie ten volle geïmplementeer nie, aangesien burgermagaanvalle voortgegaan het om voor te kom. Bid vir betekenisvolle dialoog tussen staats- en nie-staatsgewapende deelnemers wat die ooreenkoms sal laat slaag. Die Chinese, die Russe, die VN-vredesmagte (MINUSCA), die rebelle en die politieke owerhede is almal daarop uit om te plunder wat hulle kan van die minerale rykdomme van die land. Die mense het oë net om te huil. Wanneer sal hierdie nagmerrie ooit tot 'n einde kom? Bid dat vrede, stabiliteit en geregtigheid binnekort sal kom, ter wille van die burgerlikes wat steeds geweldig swaarkry. Alhoewel 'n spesiale strafhof in 2015 op die been gebring is om ernstige menseregteskendings te ondersoek en te vervolg, het dit 'n gebrek aan finansiering: so talle slagoffers van geweld wag vir geregtigheid. Bid dat die hof ten volle gefinansier sal word, sodat alle oortreders tot verantwoording geroep word.