Nigerië: moenie vir Leah Sharibu vergeet nie

Leah Sharibu was 14 toe sy in 2018 deur die Islamitiese Staat Wes-Afrika Provinsie (ISWAP) ontvoer is. Sy het die terreurgroep, 'n splintergroep van Boko Haram, trotseer toe hulle 110 meisies uit die skool ontvoer het. ISWAP het 'n maand later 104 daarvan vrygestel; vyf het gesterf, en Lea was die enigste een wat nie vrygemaak is nie omdat sy geweier het om haar Christelike geloof te verloën. President Buhari het onderneem om haar vryheid te verseker tydens sy besoek aan die VSA. In Londen het hy aan die aartsbiskop van Canterbury gesê hy werk stilweg om haar te bevry. In Januarie 2020 was daar berigte dat Leah 'n baba gehad het. In Maart 2021 het gerugte opgeduik dat sy geboorte geskenk het aan haar tweede kind. Haar ouers het gesê dat die regering hulle nie gehelp het om Leah se vrylating te verseker nie; hulle hoop op God, nie op regering nie. Haar ma Rebecca het gesê: 'Deur die genade van God. Ek het nie hoop verloor nie, want God is in beheer en mense bid.'