Guatemala: gevangenes se bendegeveg

500 onlustepolisiebeamptes het 'n tronk binnegegaan nadat 'n oproer by die fasiliteit, in die munisipaliteit van Cantel, uitgebreek het. Minstens sewe gevangenes is dood in die geveg tussen mededingende bendes: die meeste van hulle is onthoof. Die tronk, 125 myl van die hoofstad af, is gebou om 500 gevangenes te huisves, maar het meer as 2 000. Polisiebronne het aan plaaslike media gesê een van die gevangenes het die aanval op mededingende bendelede beveel as weerwraak vir die moord op sy vrou, wat ure tevore deur twee mans op motorfietse doodgeskiet is. Volgens die bron dien dié man vonnis vir moord uit. Byna die helfte van die sowat 3 500 gewelddadige sterftes per jaar in Guatemala word deur bendes uitgevoer.