Print this page

Israel op die randjie van oorlog?

Sirenes blêr, die grond skud en baie oornag nou in bomskuilings terwyl vuurpyle wat in Gasa gelanseer is, onophoudelik reën. Botsings tussen Israel en Hamas plaas hulle op die rand van 'n volwaardige oorlog. Voorheen het Hamas en Palestynse Islamitiese Jihad (PIJ) slegs vuurpyle in die suide van Israel afgevuur. Nou stuur hulle tientalle vuurpyle na die hartjie van Jerusalem. In reaksie hierop het Israel 'n militêre veldtog in die Gaza-strook van stapel gestuur, Hamas-nuusdienste afgebreek, Hamas-hoofkwartiere geteiken en PIJ- en Hamas-bevelvoerders vermoor. Hamas en PIJ het meer as 1 000 vuurpyle op Tel Aviv en Sentraal-Israel afgevuur. Die internasionale lughawe moes na Eilat verskuif. Israel het verlede jaar normaliseringsooreenkomste met Arabiese state onderteken, insluitend die VAE, wat 'n beroep op Israel gedoen het om die geweld te stop en 'die Heilige al-Aqsa-moskee' te respekteer. Spanning het begin toe Israeliese polisie toegeslaan het op Palestyne wat by die moskee betoog - gevolg deur Hamas se oproep om Tel Aviv te bombardeer en Jode dood te maak .