Print this page

China: Early Rain Church se voortgesette vervolging

Twee en 'n half jaar nadat Chinese owerhede Pastoor Wang Yi en meer as honderd lede van Early Rain Church in hegtenis geneem het, word die gemeente steeds geteister omdat hulle Christus volg. Verlede November is ouderling Yangquan Li aangehou omdat hy aanlyn aanbid het vanaf sy huis; plaaslike amptenare het sy nutsdienste en internetdiens afgesny. Sy verhuurder was ook gedwing om hom en sy gesin uit te sit, en hulle word nou fyn dopgehou deur die polisie. Hulle vra Christene om vir hulle en vir die kerk te bid. "Ons bid dat ons op God staatmaak wanneer ons gebrek het, want buiten Hom het ons geen goeie ding nie," het Yangquan gesê. 'Ons bid dat God ons in hierdie moeilike tyd in Hom sal laat vertrou. Ons bid dat die Heilige Gees ons vervul om met sagmoedigheid en respek op ons situasie te reageer.' Ten spyte van voortdurende vervolging, gaan ons Christenbroers en -susters in China voort om die evangelie met hul bure te deel.