Print this page

St Vincent: vulkaan bars steeds uit - kolossale opruiming

St Vincent het 'n beroep op internasionale hulp gedoen terwyl die land die uitdagende opruiming van 'n reeks vulkaniese uitbarstings aanpak wat aan die gang is. Die eiland het 'n bevolking van 110 000, en 20 000 is ontruim uit die haglike situasie waar as 'n meter diep is en die eiland 'n apokaliptiese voorkoms gee. Die as is tot by Indië gedra, en daar is groot skade aan die landbou, huise en die eiland se toerismebedryf aangerig. Langtermyn humanitêre verligting sal groot wees; op 20 April het die VN 'n beroep vir $29,2 miljoen geloods vir basiese behoeftes, skoon water, kos en skuiling, en hulp om herstel te begin. Bid dat die span kundiges wat skoonmaakbehoeftes en veilige wegdoening van as bepaal wysheid uit die hemel sal hê. Daar is steeds onsekerheid namate uitbarstings voortduur. Bid vir die veiligheid van diegene wat die as skoonmaak. Orkaanseisoen begin binnekort en sal na verwagting baie aktief wees. Bid dat die eilandbewoners se vrees vervang sal word met vrede en hoop vir die toekoms.