Mosambiek: MSF help duisende

Dokters Sonder Grense (MSF) het gesê hulle sal voortgaan om die klok rond te werk om duisende mense by te staan wat van die kus van Palma ontruim is ná gewelddadige aanvalle deur opstandelinge. By die seehawe van Pemba het MSF-spanne vlugtelinge bygestaan wat bang, getraumatiseer, honger en desperaat is. Luiz Guimaraes, projekdirekteur, het gesê: 'Ons het drie mobiele klinieke in die stad Pemba. Ons maak voorsiening vir 400 tot 450 konsultasies per dag.' Hy het gesê mense het uit vrees gevlug en lang afstande te voet gestap sonder kos en skuiling. Spanne help ook met water en sanitasie, aangesien mense skoon water nodig het om te drink. "In hierdie situasie drink hulle vuil water, en hulle het baie siektes wat deur watergedraagde patogene veroorsaak word." Hy het gesê dat hulle ook geestesgesondheidsdienste geïmplementeer het om mense te help om hul traumatiese ervarings te hanteer. Bid vir God se vrede om die vlugtelinge te vertroos.