Die Amerikaanse minister van binnelandse veiligheid het gesê hulle verdryf die meeste enkellopende volwassenes en gesinne, maar nie onbegeleide kinders nie. 'n Gemiddeld van 565 alleenkinders steek daagliks die grens oor. Die grootste aantal gesinne kom van Honduras, die mees onstabiele Sentraal-Amerikaanse land. Baie alleenkinders kom van Guatemala, waar die jeugbevolking en werkloosheid hoog is en smokkelnetwerke ontwikkel word. Die oorgang van Donald Trump na Joe Biden het voornemende migrante oortuig dat daar nou 'n beperkte venster vir Amerikaanse toetrede bestaan. In die Trump-jare is mensehandelaars gedwarsboom, maar hulle is nou gretig vir meer. Ook het twee groot orkane ernstige menslike en ekonomiese skade in Sentraal-Amerika aangerig. Om die pad te vat om 'n beter lewe te vind, is gevaarlik, veral vir kinders. Die meeste vlug van geweld, korrupsie en armoede oral om hulle. Dokters Sonder Grense het gesê 75% van migrante met kinders vlug van dreigemente van geweld, insluitend gedwonge werwing deur bendes.