Print this page

VSA: nuwe denominasie

Konserwatiewes binne die United Methodist Church het hul planne aangekondig om 'n nuwe denominasie, die Global Methodist Church, te stig met 'n leerstelling wat nie LGBTQ en selfdegeslaghuwelike toelaat nie. Die skuif sal na verwagting die langverwagte skeuring van die land se grootste Protestantse denominasie verhaas. Die konferensie waartydens so 'n skeuring gedebatteer sou word, is nou tot Augustus 2022 uitgestel. 'Die kerk is nou basies tot 'n stilstand gekom,' sê ds Keith Boyette, voorsitter van die Transitional Leadership Council, wat die stigting van die Global Methodiste Kerk lei. . Nog 'n lid van die raad het gesê: 'Ek is oortuig daarvan dat die Global Methodist Church 'n lewendige, lewensbelangrike uitdrukking van Metodisme sal wees in terme van sy leringe en etiek'.