Nigerië: Parlementêre verkiesings nou op 28 Maart

Nigerië se hoof van die verkiesingskommissie het Nigerië se verkiesing tot 28 Maart uitgestel omdat geen troepe beskikbaar was om kiesers te beskerm nie. Alle beskikbare militêre personeel veg teen Boko Haram in die noordooste van Nigerië. Die opposisie het die vertraging beskryf as 'n 'terugslag vir Nigeriese demokrasie'. Die polisie in Abuja en ander stede is op die uitkyk vir onrus. Die vertraging is hoogs omstrede en sal deur baie as vuilspel beskou word. Wat nie in hierdie stadium duidelik is nie, is of dit president Goodluck Jonathan of sy mededinger, Muhammadu Buhari, sal bevoordeel. Dit is onwaarskynlik dat die konflik binne die volgende paar weke tot 'n einde gebring sal word, sal die verkiesing enigsins gehou word? Dit kan afhang van of sommige magtige persoonlikhede voel dat president Jonathan goed geplaas is vir 'n oorwinning. Bid asseblief vir die Nigeriese polisie wat sekuriteit verskaf. Bid teen gewelddadige betogings as gevolg van die uitstel. Bid vir 'n deurbraak in die oorlog teen Boko Haram.