Print this page

Nigerië: Jongste gruweldade

Vyf mense is dood toe 'n selfmoordbomaanvaller Sondag in die noordelike stad Kano toegeslaan het, en Dinsdag het ontploffings in Jos 118 mense dood in 'n tweelingbomaanval. Die polisie het gesê nog tientalle is beseer in die ontploffings by 'n busterminaal en mark. Daar is gevrees dat nog lyke uit die wrak van verwoeste geboue teruggevind sal word. Die land se president, Goodluck Jonathan, het gesê: 'Die regering bly ten volle daartoe verbind om die oorlog teen terreur te wen, en hierdie administrasie sal nie deur die gruweldade van vyande van menslike vooruitgang en beskawing gekniehalter word nie.' Jos is in 'n gebied bekend as die 'Middle Belt' waar die grootliks Christelike suide en meestal Moslem-noorde ontmoet.

  • Pray: for the victims families caught up in this war to know God’s presence and comfort, removing fear from those living in vulnerable communities. (Ps.23:4) Ask God to help the survivors to follow His paths towards reconciliation. (Mt.6:1-2)